Botaniese Tuin: Kweekhuise

Oor ons Kweekhuise

Daar is twee kweekhuise in die Botaniese Tuin gele. Die verbouingskweekhuis word gebruik om die plante te kweek wat vir praktikums en navorsing benodig word. Slegs die vertoonkweekhuis-kompleks is slegs op versoek oop vir die publiek, en is verdeel in ’n tropiese en ’n vetplant-kweekhuis.


Die Vertoonkweekhuis

 

Tropiese Kweekhuis

      

In die tropiese kweekhuis is daar ’n verskeidenheid tropiese en subtropiese plante van regoor die wêreld. Die plante sluit ’n verskeidenheid voedselplante in, soos Coffea arabica (koffie), Camellia sinensis (tee), Vanilla planifolia (vanielje), Saccharum officinarum (suikerriet), Cinnamomum zeylanicum (kaneel), Oryza sativa (rys) en Piper nigrum (peper). Die tropiese kweekhuis huisves talle ander eksotiese plante uit ’n verskeidenheid families, waarvan die bekendste waarskynlik die orgideefamilie (Orchidaceae) is. Talle inheemse epifitiese orgide soos Ansellia africana (luiperdorgidee) en Mystacidium capense word in hierdie kweekhuis aangetref.

 

Vetplant-kweekhuis

      

Die vetplant-kweekhuis bevat ’n verskeidenheid vetplante en ander woestynplante. Die meeste spesies is inheems aan Suid-Afrika.’n Paar interessante plante sluit in Diedierea madagascariensis (Octopus Tree), Adansonia digitata (kremetart), Fockea edulis (kambro), Hoodia gordonii (ghaap) en Aloe dichotoma (kokerboom).  ’n Paar plaaslike bedreigde plante soos Nananthus vitatus (bosveldvygie) en Lithops lesliei (toontjie) word ook in hierdie kweekhuis aangetref.