Kwalifikasies

Voorgraadse Studie: 3 jaar BSc (Baccalaureus Scientiae)

Die studieperiode vir ʼn BSc-graad in Natuur- en Landbouwetenskappe duur 3 jaar voltyds, behalwe vir Stads- en Streekbeplanning wat 4 jaar duur en net voltyds aangebied word.  Ons bied vir u omvattende mark-gebonde grade wat die vakgroepe Geografie, Geologie en Beplanning kombineer. Elke kurrikulum is saamgestel volgens streng kwaliteitstandaarde om te verseker dat u studie met ons aan internasionale standaarde en verwagtinge voldoen. Om meer oor die kurrikulums te lees wat ons vir u bied, kan u gerus deur ons jaarboek of brosjure lees.


Nagraadse Studie

Bevordering van u studie: Voltooiing van Honneurs, MSc of PhD

Die voordele wat voorkom na die voltooiing van ʼn honneursgraad sal u in staat stel om u studie met ons verder te bevorder deur ʼn MSc, en later ʼn PhD. ʼn Honneursgraad bied ook vir u die geleentheid om binne u studieveld te spesialiseer en ʼn gevorderde begrip van geïntegreerde kennis en toepassing, asook die ondervinding in verskeie akademiese en oordraagbare vaardighede deur middel van kursuswerk en navorsingsprojekte, op te bou. Die voltooiing van ʼn geskikte honneursgraad sal u toelaat om as ʼn Professionele Natuurwetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplikes te registreer.

Die skool het ʼn paar uitstekende studente gelewer en geniet die voordeel van verskeie kenners onder hul akademici, insluitende die Skool Direkteur wie as lid van ASSAF aanvaar is. Sien asseblief ons NWU Deskundiges Afdeling. Nagraadse studies en kwalifikasies word geadministreer deur die volgende eenhede/sentrums wat met die skool verband hou. ʼn Verskeidenheid kortkursusse wat deurlopende onderwys bevorder word ook deur hierdie instellings aangebied:

Eenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur   

Sentrum vir Omgewingsbestuur  

Sentrum vir Waterwetenskappe en Bestuur (Hidrologie en Geohidrologie)