NWU-navorser is finalis vir 2018 Vroue in Wetenskap-toekennings

Afrikaans

NWU-navorser is finalis vir 2018 Vroue in Wetenskap-toekennings

Prof Ilani Loubser, ’n medeprofessor by die Sentrum vir Ruimtenavorsing en die vakvoorsitter vir fisika by die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom, is aangewys as ʼn finalis in die Departement vir Wetenskap en Tegnologie (DWT) se Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekennings.