Al ooit gewonder waarmee Plantkundiges hulself besig hou tydens die grendeltydperk? 

Hier is ons storie met 'n paar interaktiewe skakels na foto's:

Om te begin, natuurlik hou die werk nie op nie! Mens moet steeds fokus en die ure insit...

Maar daar is ook bietjie meer tyd om te speel, en stokperdjies te beoefen waarvoor mens dalk nie gewoonlik tyd sou gehad het nie...

En voordat mens té vasgevang begin voel, is dit belangrik om te onthou dat 'n gesonde liggaam, 'n gesonde gees huisves...

En dat die buitelug en tyd saam met jou viervoetige en geveerde vriende, wondere kan doen vir die siel...

Dan is daar ook natuurlik baie tyd om die 'ja-woord' te vra...(Baie geluk Danielle!)

En dit bly natuurlik altyd belangrik om aan te hou glimlag, al is jy soms bietjie deur die blare...

Tussen jou en my, lê daar 'n muur... Verjaarsdae was ook pret gemaak tydens die grendeltydperk, al moes mens oor 'n afstand (muur) saam met jou bure kuier...