Welkom by die Sentrum vir Chemiese Hulpbronveredeling
Die Navorsingsfokusarea Chemiese Hulpbronveredeling (CRB) in die Fakulteit Natuurwetenskappe bestaan uit deelnemers van die Skool vir Fisiese en Chemiese Wetenskappe, die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese en die Skool vir Farmasie. Hierdie kombinasie van verwante dissiplines verseker navorsingskundigheid en ervare navorsers wat ʼn mededingende voordeel bied. Die CRB het ten doel om bewese waarde toe te voeg tot Suid-Afrika se mineraal en chemiese hulpbronbasis. Die NWU is geleë in twee provinsies naamlik Noordwes-Provinsie en Gauteng en grens aan die Vrystaat en Limpopo Provinsies wat ryk is aan metaal- en koolstofgebaseerde hulpbronne. Die veredeling van hierdie hulpbronne is van kritiese belang vir volhoubare ekonomiese ontwikkeling vir die streek én vir die res van Suid Afrika.
Die CRB se strategiese doelwitte is om die chemiese-gebaseerde navorsing te doen vir die ontwikkelingsbehoeftes van die streek, om innoverende navorsers op te lei en om samewerking tussen chemici en ingenieurs te bevorder. Hoë kwaliteit navorsing word onderneem met die strewe na gesamentlike toepassing van kundigheid d.m.v. strategiese samewerking met ons kliënte met die doelwit van die effektiewe gebruik van hulpbronne. ʼn Hoë waarde word geplaas op die publikasie van navorsingsresultate in internasionaal geakkrediteerde tydskrifte.
Die CRB streef om die visie en missie van die NWU uit te leef dmv die soeke na relevansie en internasionale mededingendheid