Oor Ons

Eko-Analitiese Laboratorium - Vir Grond, Plant en Water analise

 

Eko-Analytica is toegerus met moderne fasiliteite en word deur goed opgeleide personeel bedryf. Ons ontledings word dikwels aan kwaliteitbeheerskemas van Wageningen en Agrilasa onderwerp – resultate is op versoek beskikbaar. Swaarmetale word ontleed op die IKP-MS met die vermoë om spesifieke swaarmetaalkonsentrasies met akkuraatheid te kwantifiseer (dpb-reekse). Vanweë die onophoudelik groeiende omgewingsprobleme in Suid-Afrika en wêreldwyd, doen ons gereelde opdaterings van die reeks ontledingstegnieke en apparate wat aangebied word. Ons is een van slegs ’n paar goed gevestigde laboratoriums wat volgens ’n hoë standaard in ’n internasionale netwerk werk.

Die tipes ontledings wat die laboratorium uitvoer, kan in ses kategorie geplaas word:

  1. 1:2 waterekstraheringsontleding (ontleding van alle wateroplosbare elemente in grond);
  2. Ammoniumasetaat-ekstraheringsontleding (ontleding van die potensieel beskikbare elemente);
  3. Meganiese ontleding (meting van die sand , slik  en klei-inhoud van die grond);
  4. Waterontleding (dieselfde 17 elemente wat in die 1:2 waterekstrak ontleed word, word ook in watermonsters ontleed);
  5. Swaarmetaalontleding in plant , water  en grondmonsters; en
  6. Esseserings van ensimatiese aktiwiteit in grondmonsters.