Oor die Wetenskapsentrum

Immanuel Kant het gesê “Wetenskap is georganiseerde kennis. Wysheid is georganiseerde lewe.” Die Noordwes-Universiteit se motief en langtermyndoelwitte is om kennis te verskaf deur wetenskap en tegnologie te onderrig en te bevorder deur by skole en die publiek betrokke te wees. Hierdie missie help om innoverende talent in wetenskap, tegnologie en ingenieurswese te ontwikkel, aan te moedig, te koester en te ondersteun. 

Wat is die Wetenskapsentrum?

Die Wetenskapsentrum is ’n opvoedkundige instelling wat skole, onderwysers en – die belangrikste – leerders ondersteun wat wiskunde, wetenskap en tegnologie bestudeer. Hierdie sentrum maak voorsiening vir mense wat daarin belangstel om ’n loopbaan in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (STEM) te volg. Dit bevorder ook kennis deur verskillende aktiwiteite soos:

  • Die Nasionale Wetenskapweek:  Hierdie inisiatief deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie (DWT) is ’n landswye viering van wetenskap wat verskillende belanghebbers en rolspelers betrek wat wetenskapgebaseerde aktiwiteite uitvoer.
  • Loopbaanvoorligting:  Leerders verkry insig in nasionale en internasionale loopbane in wetenskap.
  • Wetenskapfeeste:  Loopbaanfeeste wat leerders, jongmense, die algemene publiek en leiers in die samelewing vier, opvoed en vermaak.
  • Werkswinkels vir onderwysers:  Hierdie werkswinkels bied ondersteuning aan onderwysers en bied nuwe en opwindende alternatiewe vir die onderrig van kurrikuluminhoud.
  • Werkswinkels vir leerders:  Dit is buitekurrikulêre sessies wat die kurrikulum aanvul en verrykte inhoud en loopbaanvoorligting verskaf.
  • Wetenskapvermaak:  Die span by die sentrum bied opvoedkundige en vermaaklike wetenskapvertonings aan.
  • Kontak met die publiek:  Openbare lesings deur wetenskaplikes lig die publiek oor wetenskaponderwerpe en die jongste ontwikkelings op hulle kundigheidsgebied in.
  • Astro-Quiz-kompetisie:  Dit is ’n nasionale astronomiegebaseerde kompetisie wat op graad 7-leerders gemik is en met hulle kurrikulum verband hou. Die projek se doelwit is om die onderrig en leer van basiese astronomie in laerskole te verbeter.
  • Uitreikprogramme:  Hierdie programme se doelwit is om ons geriewe en kundigheid vir leerders in afgeleë gebiede sonder laboratoriums en wetenskaplike toerusting toeganklik te maak.
  • Algemene wetenskapsbewustheid:  Die sentrum se doelwit is om ’n bydrae tot ’n openbare bewustheid van, belangstelling in, begrip van en insig in minder bekende wetenskaplike gebiede, innoverings en navorsingsgebiede te lewer.

Daar is getoon dat wetenskapsentrums:

  • Prestasie in wetenskap en wiskunde in hoër en laer grade op skool verbeter.
  • Leerders aanmoedig om hoërgraadstudies te volg sodat hulle wetenskap, ingenieurswese en tegnologie op universiteit kan bestudeer.
  • Verseker dat meer leerders loopbane in wetenskap en tegnologie volg.
  • Die belangstelling in wetenskap en tegnologie in niewetenskaplike gemeenskappe verhoog.
  • Jongmense aanmoedig om stokperdjies te beoefen en boeke te lees wat met wetenskap en tegnologie verband hou.

Besoekure:

Maandag–Vrydag (09:00–16:00)

Besprekings

Skoolgroepe moet ’n afspraak maak voordat hulle die Wetenskapsentrum besoek. Besprekings vir individue is nie nodig nie.