Big Data: 2017 se Publieke Lesing

“Big Data” ʼn reuse sukses

Prof Riaan de Jongh

Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe se Potchefstroomkampus reël jaarliks tenminste een publieke lesing aangebied deur ʼn kenner in sy/haar natuurwetenskapveld. Vanjaar se lesing was getiteld “Big Data” en was deur Prof Riaan de Jongh, direkteur van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika, aangebied.

Die lesing is deur plaaslike skoolleerders, NWU-studente, NWU-personeel en lede van die Potchefstroomse- en omliggendeareas se publiek goed bygewoon.

Prof de Jongh het die inhoud van sy lesing kortliks beskryf: “Ons bevind ons in die 4de Revolusie. Een van die belangrikste ontwikkelinge wat die tradisionele manier van die doen van besigheid bedreig, is die Internet of Things (IOT), Groot Data en Datawetenskap. Teen hierdie agtergrond, sal die term Groot Data gedefinieer en in perspektief geplaas word. Geleenthede en uitdagings in hierdie opwindende gebied sal bespreek word.”

Die gehoor het die lesing baie interessant bevind en het talle vrae en kommentaar na afloop daarvan gehad.

Die lesing was per video opgeneem en is tans besig om deur die redigeringproses te gaan. ʼn Skakel na die finale video sal binnekort hier geplaas word.

Enige vrae rakende die teorie wat in die lesing aangespreek is, kan  per epos aan Prof de Jongh gerig word: Riaan.Dejongh@nwu.ac.za