'n Bekroonde Nalatenskap

Fakulteit Natuurwetenskappe stel geskiedenisboek bekend

Die NWU-Puk se Fakulteit Natuurwetenskappe het op 23 Maart 2017 ons geskiedenisboek "'n Bekroonde nalatenskap: Die Fakulteit Natuurwetenskappe van die NWU oor 100 jaar" bekendgestel. Die boek, wat uit 351 bladsye bestaan, het omtrent twee jaar se harde werk gevat om die perfekte eindresultaat te behaal.

Ons sê hartlik dankie vir die volgende persone wat die boek, en die bekenstelling daarvan, moontlik gemaak het: Prof Kobus Pienaar, die huidige Dekaan van die NWU-Puk se Fakulteit Natuurwetenskappe wat die Inisiatief geneem het om die boek te begin. Prof Jan Geertsema, 'n ou Dekaan van die Fakulteit en nou Kwaliteitsbestuurder vir die Fakulteit, wat as projekleier opgetree het. Prof. Elize S van Eeden vir haar werk as Redakteur. Jako Kühne vir die buite- en binneblad ontwerp van die boek. Ons weet dit was 'n enorme taak! Die verskeie direkteure en personeellede vanuit Fakulteit Natuurwetenskappe wat inligting en foto's ingesamel het, asook wat die boek geskryf het. Die ou en huidige personeel en studente van Fakulteit Natuurwetenskappe wie se geskiedenis gemaak het dat ons so 'n boek kon saamstel. Ivyline Potchefstroom, en spesifiek Mev. Ria Koch, vir die druk van die boek. Die Dekaanskantoor personeel vir die reëlings rondom die boek se bekendstelling. Die personeel, ASVs en eregaste wat die bekendstelling bygewoon het. NWU-Puk Bemarking en Kommunikasie vir die foto's en publisiteit rondom die bekendstelling.

Indienu belangstel om 'n kopie van ons geskiedenisboek te koop, kan u vir Mev. Lizelle le Roux by 018 299 2301 kontak. Koste: R200 per boek (slegs kontant by Mev. le Roux – Gebou G5, kamer G12). Die boek is ook via PDF beskikbaar: https://repository.nwu.ac.za/handle/10394/20995 

Foto's van die geleentheid:

      

      

      

      

      

      

Vir meer foto's van die geleentheid, kyk gerus na ons Facebook Album.