Tuis

Oorsig

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe bied diverse en interessante kwalifikasies aan wat gekenmerk word deur relevante en geïntegreerde opleiding. Hier ontwikkel studente lewensvaardighede wat hulle in staat stel om uitdagings binne die werksplek te hanteer.   

Ons akademiese personeel is ywerig en verbind tot studente en navorsingsaktiwiteite. Sommige personeel geniet ook internasionale herkenning. Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe streef om studente (op voor- en nagraadse vlakke) met kennis en lewensvaardighede toe te rus om sodoende ʼn sukses van hul loopbane te maak. Ons kern besigheid is onderwys, navorsing en die implementering van kundigheid. Ons streek om hierdie besigheid te nasionaliseer en internasionaliseer.

Ons bied kwaliteit opleiding wat die volgende behels: algemene ontwikkeling van die student, persoonlike aandag, kwaliteit toerusting, en betekenisvolle uitkoms-gebaseerde akademiese programme.

Studierigtings