Dierkunde

Wat is Dierkunde?

In Dierkunde word dier-verskeidenheid, hul interaksie met mekaar en die omgewing, so wel as hul struktuur en funksie bestudeer. Dit is van uiterse belang dat ons die diere (en plante) waarmee ons die aarde deel so deeglik as moontlik ken. Diere beïnvloed die lewe en die welstand van mense op verskeie maniere. Ons is afhanklik van diere as ʼn kosbron, as metgeselle in die vorm van troeteldiere, as ʼn integrale deel van die ekosisteem en ook as ʼn arbeid bron. Ons kompeteer met verskeie diere. Hierdie behels die diere wat ons kos bronne in bedreiging stel, so wel as die diere wat op mense en ander diere parasiteer. Dierkundiges word benodig in diverse velde insluitende: biosistematiek, dierkundige navorsing, ekologie, ekotoksologie, epidemiologie, landbou, natuurbewaring, natuurgeskeidenes museums, omgewingsbestuur, opvoeding/opleiding, parasitologie, plaagbestuur, taksidermie, varswater en mariene navorsing en verartskundige wetenskap.

Dierkunde bestaan uit die volgende vakke:

  • Laer Invertebrata
  • Hoër Invertebrata en Chordata
  • Ontwikkelingsbiologie
  • Vergelykende dierfisiologie
  • Ekologie
  • Parasitologie
  • Etologie
  • Ekologie: Toerisme