Voorgraadse Studie: 3 jaar BSc (Baccalaureus Scientiae)
Die studie periode vir ʼn BSc Natuurwetenskappe graad is 3 jaar voltyds. Ons bied vir u omvattende mark-gebonde grade wat die vakgroepe Rekenaarwetenskap, Wiskunde en Statistiek kombineer. Elke kurrikulum is saamgestel volgens streng kwaliteitstandaarde om te verseker dat u studie met ons aan internasionale standaarde en verwagtinge voldoen. Om meer oor die kurrikulums te lees wat ons vir u bied, kan u gerus deur ons jaarboek lees.
Nagraadse Studie
Bevordering van u studie: Voltooiing van Honneurs, MSc of PhD
Die voordele wat voorkom na die voltooiing van ʼn honneurs graad sal u in staat stel om u studie met ons verder te bevorder deur ʼn MSc en later ʼn PhD. Dit bied ook vir u ʼn dieper vlak van kennis en ondervinding, met betrekking tot u studie program, wat ten einde vir u toekomende werkgewer as voordelig sal voorkom. Suksesvolle voltooiing van die graad BSc IT sal vir u toegang verloon tot ʼn Honneurs graad in Rekenaarwetenskap (onderhewig aan keuring).
Die skool het ʼn paar uitstekende studente gelewer en geniet die voordeel van verskeie kenners onder hul akademici. Sien asseblief ons NWU Deskundiges Afdeling. Om vir ʼn nagraadse program aansoek te doen, stel u in staat om saam met die Laboratoriums, Navorsingseenhede en sentrums binne die skool te werk so wel as ons innoverende tegnologie.
Eenheid vir Bedryfswiskunde en Informatika (UMBI)
Statistiese Konsultasie Dienste