Studie velde op die Potchefstroomkampus

Nuwe Landbouwetenskappegrade op die Potchefstroomkampus:

  • BSc (Agric) met Landbou-ekonomie en Agronomie (2FD K05 N401P)
  • BSc (Agric) met Grondkunde en Agronomie (2FD K06    N401P)

Oor die grade:

Is jy geïnteresseerd in die landbouwetenskappe en wil jy betrokke raak by boerdery, landboubesigheid, landboudienste, landbounavorsing en akademie? Dan mag die BSc (Agric) programme in jou kraal pas, wat hoë kwaliteit, moderne opleiding beskikbaar stel om ʼn agronoom, grondkundige of landbou-ekonoom te word. 
Twee nuwe vier-jaar programme is ontwikkel wat spesifiek fokus op Agronomie, Grondkunde en Landbou ekonomie nl:

a. BSc (Agric) met Landbou-ekonomie en Agronomie
b. BSc (Agric) met Grondkunde en Agronomie
 
Hierdie programme sal spesifieke behoeftes aanspreek binne die hoofsaaklik somergraan-streke, soos onder andere, wetenskaplik gevorderde presisieboerdery. 
Studente kan vanaf Januarie 2019 registreer vir twee nuwe BSc (Agric) programme in die Skool vir Landbouwetenskappe by die Potchefstroomkampus van die NWU. Dit volg op ‘n dringende behoefte aan onderrig en navorsing in landbou, met die doel om voedselsekuriteit aan te spreek. 
Hierdie graad is ontwerp om student toe te rus met gevorderde vaardighede wat noodsaaklik is in die gevorderde wêreld van presisieboerdery en navorsing. Hierdie kwalifikasie stel studente in staat om met Meester- en PhD studies voort te gaan in agronomie, grondkunde of landbou-ekonomie.

Minimum toelatingsvereistes:

  • Nasionale senior sertifikaat:
  • Minimum APS-telling vanaf 22
  • Wiskunde en Fisiese Wetenskap vlak 4 (50-59%)
  • 4 jaar
  • Potchefstroomkampus – NWU
  • Kandidate in besit van matriek uitslae van buitelandse onderwysstelsel moet voldoen aan die vereistes vir toelating tot die graad studie soos bepaal deur die Gesamentlike Matrikulasie Raad.

Programuitleg:

BSc inLandbouwetenskappe met Grondkunde en Agronomie:

 

BSc in Landbuwetenskappe met Landbouekonomie en Agronomie:


Kontak die Skool vir Landbouwetenskappe op die Potchefstroomkampus:

Programkoördineerder / Agronomie

Prof H van Hamburg
Tel: 018 2994376
huib.vanhamburg@nwu.ac.za

Landbou-ekonomie

Dr Johnny van der Merwe
Tel: 018 2852393
johnny.vandermerwe@nwu.ac.za

Voorgraadseadministrasie

Mev Chanel Du Preez
Tel: 018 2994213
chanel.dupreez@nwu.ac.za