Nagraadse Diploma

NAGRAADSE DIPLOMA

Kwalifikasiekode: 2GC D01          Kurrikulumkode: N501P

Om komplekse werklike probleme op te los en maatskaplike veerkragtigheid op te bou, verg baie vakgebiede

Wat hierdie kursus bied

Klimaatsverandering en rampe beïnvloed die manier waarop ons leef, ontwikkel, beplan en ons wisselwerking met mekaar op noemenswaardige wyse. Navorsing dui aan dat die huidige ontwikkelingstrajek op aarde in ’n groot mate deur die aanpasbaarheid van mense bepaal gaan word. Voorts beïnvloedklimaatsverandering en ramprisiko’s ontwikkeling in byna alle vakgebiede en professionele gebiede. Hierdie gesogte nagraadse diploma (NKR vlak 8) poog om die kwessies van ramprisikovermindering en klimaatsveranderingsaanpassing deur ’n multi- en transdissiplinêre perspektief aan te pak. Die doel van hierdie kwalifikasie is om volwasse leerders van spesialisvaardighede te voorsien wat hulle in staat sal stel om ramprisikovermindering in hul spesifieke studiegebied of spesialisveld toe te pas. Hierdie transdissiplinêre diploma is ontwikkel deur die Afrika Sentrum vir Rampstudies deur gebruik te maak van meer as ’n dekade van aktiewe betrokkenheid in die praktyk en in navorsing. Ons is daarvan oortuig dat hierdie kwalifikasie leerders uit ’n verskeidenheid van vakgebiede in staat sal stel om die internasionale arbeidsmark te betree (of om meer effektief daarin voort te gaan). Leerders sal kosbare kennis en vaardighede opdoen wat hulle sal voorberei vir ’n loopbaan in internasionale humanitêre en ontwikkelingsorganisasies (soos die Rooikruis, CARE, World Vision, Oxfam en Save the Children, om enkeles te noem), om die internasionale openbarebestuursdomein te betree (bv. verskeie VN-agentskappe soos UNDP, UNEP, UNISDR, UNWOMEN, UNESCO, OCHA, ens.) of om ramprisikovermindering en klimaatsveranderingsaanpassing in hul eie vakgebied of professionele werkomgewing toe te pas.

Programuitkomste

In hierdie program sal die student ervaar dat die vakgebied van ramprisikostudies studente toerus met kennis en professionele bestuursvaardighede om noemenswaardige bydraes tot ’n snelveranderende wêreld te maak. Dit bied ook ontledings- en navorsingsvaardighede wat die student ’n hupstoot kan geen in die arbeidsmark of in ’n posisie plaas on selfstandig te werk. Heirdie kursus kan voltyds oor 1 jaar of deeltyds oor 2 jaar voltooi word. Internet- en rekenaartoegang is verpligtend.

Toelatingsvereistes

  • ’n B-graad, Gevorderde Diploma, of gelykstaande (NKR vlak 7-kwalifikasie).
  • Kandidate wat nie aan die minimum vereistes voldoen nie kan by die direkteur van die Afrika Sentrum vir Rampstudies aansoek doen om ’n onderhoud met ’n toelatingspaneel te voer. Die paneel word deur die direkteur van die Afrika Sentrum vir Rampstudies saamgestel en kan toelating oorweeg in die lig van die onderhoud en ander relevante oorwegings.
  • ’n Beperkte aantal kandidate sal jaarliks tot die program toegelaat word, afhangend van die beskikbaarheid van die personeelkapasiteit van die Afrika Sentrum vir Rampstudies. Alle aansoeke sal streng volgens akademiese meriete geoordeel word. Alle toegelate kandidate moet die inleidings- en oriënteringsvergadering op die Potchefstroomkampus bywoon op ’n datum wat deur die direkteur van die Afrika Sentrum vir Rampstudies vasgestel word.

Verdere studie

Hierdie diploma sal studente toelaat om vir ’n M.Sc. in Omgewingswetenskappe met Ramprisikowetenskappe (N801P) in te skryf.

Aansoeke

Besoek die NWU se tuisblad om aansoek te doen. Aansoeke vind slegs aanlyn plaas by http://studies.nwu.ac.za/af/honours-studies/honneursstudies-en-nagraadse-diplomas

Aansoeke vir studie in 2022 open 15 April 2021 en sluit 31 Oktober 2021.

Modules

Eerste semester 

  • Ramprisikostudies en klimaatsveranderingsaanpassing (DRRS511) – 16 krediete (fundamenteel)
  • Sosio-ekologiese weerstandigheid (DRRS512) – 16 krediete (fundamenteel)
  • Gevare (DRRS513) – 16 krediete (fundamenteel)
  • Ramprisikoassessering (DRRS514) – 16 krediete (kern)
  • Navorsingsmetodologie (DRRS515) – 16 krediete (fundamenteel)

Tweede semester

  • Stedelike ramprisiko’s (DRRS521) – 16 krediete (kern)
  • Voorbereidheid en reaksie (DRRS522) – 16 krediete (kern)
  • Beplanning en Projekbestuur (DRRS523) – 16 krediete (kern)
  • Navorsingsprojek (DRRS524) – 16 krediete (fundamenteel)

Kontak die programbestuurder, mev. Suna Meyer by +27 (18) 299 1620 of suna.meyer@nwu.ac.za vir meer inligting omtrent die nagraadse diploma