Urban and Regional Planning Admission Requirements

Om toelating tot die vier jaar voorgraadse program vir Stads- en Streekbeplanning te verkry, moet studente aan die volgende toelatingsvereistes voldoen:

  • Op graad 12 vlak moet die student vir Wiskunde ʼn vlak 5 (60% - 69%) verwerf.
  • Studente moet daarbenewens ook ʼn keuringstoets skryf wat (tot 'n kleiner mate) wiskundige vaardighede asook aanleg vir die studieveld evalueer.
  • Die NWU toelatingskantoor sal voornemende studente in kennis stel wanneer hierdie toets geskryf moet word nadat die student aansoek vir die program gedoen het.  
  • Die volle aansoekprosedure vir voornemende voorgraadse studente word op die NWU blad by hierdie skakel verduidelik http://www.nwu.ac.za/af/aansoeke.

LET WEL: Aansoeke sluit 30 Junie jaarliks en laat aansoeke sal slegs op meriete oorweeg word.  ʼn maksimum van 35 voorgraadse studente word elke jaar vir die Program gekeur. 

Indien u enige verdere vrae in hierdie verband het, is u welkom om ons te skakel by 018 299 2486 of 'n epos te stuur na  Carina.DeBeer@nwu.ac.za