Kwalifikasies

Voorgraadse studie: 4 jaar BSc

Die studie periode vir Stads- en Streekbeplanning is 4 jaar en die program word net voltyds aangebied. Die kurrikulum is saamgestel volgens streng kwaliteitstandaarde om te verseker dat u studie met ons aan internasionale standaarde en verwagtinge voldoen. Om meer hieroor te lees kan u gerus deur ons jaarboek werk of die inligting onder “Modules” in die menu deur lees. Hierdie graad is ʼn SACPLAN gekrediteerde voorgraadse program.  

Nagraadse studie:

Bevordering van u studie: Voltooiing van ʼn MSc of PhD graad

Die voordele wat voorkom na die voltooiing van vier jaar voorgraadse program sal u in staat stel om u studie met ons verder te bevorder deur ʼn MSc en later ʼn PhD (studente doen nie 'n Honneurs jaar nie, na die voltooiing van die vier jaar voorgraadse program beweeg studente direk na 'n MSc). Dit bied ook vir u ʼn dieper vlak van kennis en ondervinding, met betrekking tot u studie program, wat ten einde vir u toekomende werkgewer as voordelig sal voorkom. 

Die skool het ʼn paar uitstekende studente opgelewer en geniet die voordeel van verskeie kenners onder hul akademikusse insluitend die Skool Direkteur wat as lid van ASSAF gekies is. Sien asseblief ons NWU Deskundiges afdeling.