Meesterskursus

MEESTERSKURSUS

Magister Scientiae in Omgewingswetenskap met Ramprisikowetenskap

Kwalifikasiekode: 2CT N07          Kurrikulumkode: N801P

Wat hierdie kursus bied

Die nuwe Magister in Omgewingswetenskap met Ramprisikowetenskap is ’n navorsingsgebaseerde Magister en bestaan uit ’n verhandeling. Hierdie kwalifikasie beklemtoon die multisektorale en multidissiplinêre aard van ramprisikovermindering. Individue met ’n belangstelling in die knelpunte rakende ramprisiko deur ’n ontwikkelingsfokus behoort aansoek te doen.

Toelatingsvereistes

Enige Honneursgraad of Nasionale Hoër Technikon-diploma en geskikte werkservaring op ’n NKR vlak 8. Die aantal toelatings is beperk en die programkomitee sal alle aansoeke op akademiese meriete met ’n gemiddeld van 65% oordeel . Internettoegang en e-pos is verpligtend.

Doen aanlyn aansoek: http://studies.nwu.ac.za/af/postgraduate-studies/hoërgrade-administrasie

Duur en struktuur

Die duur van die kursus is twee-drie jaar (vol- of deeltyds). Verhandelingtitels moet binne ses maande na registrasie geregistreer word.

  • Modulekode: DRRS 871
  • Beskrywende naam: Verhandeling
  • Krediete: 180

Kontak asb. vir  mev. Maria Raubenheimer (+27 18 299 4249) vir enige navrae rakende die Meestersprogram