
Dieregesondheid dek primêre gesondheidsorg soos inentings, dip en ontwurming, maar ook gevorderde kliniese mediese en chirurgiese behandeling van siek diere. Dit word ondersteun deur laboratoriumtoetse en nadoodse dienste om diagnostiese vermoëns te verbeter. Die NWU-veeartsenyhospitaal hanteer geselskapsdiere en lewende hawe, plus ’n mobiele diens wat na plase toe uitgaan. Verskeie ander velde bestaan in die dieregesondheidkursus, byvoorbeeld vleisinspeksie, toksikologie, mikrobiologie, obstetrie en talle ander.
Kwalifikasies in die Program
Loopbaanmoontlikhede
- Akademie
- Staatsveeartsenydienste
- Welsynsorganisasies
- Abattoirs
- Wildparke
- Privaat veeartsklinieke of privaat dieregesondheidstegnikus (AHT)-klinieke
- Grensbeheer
- Plase
- Navorsingsinstellings
- Dieretuine
- Voerkrale
Kernmodules
- Geselskapsdieremedisyne en chirurgie
- Produksiediere-klinieksorg vir Dieregesondheid
- Wiskunde
- Chemie
- Fisika
- Biologie
- Voeding
- Genetika
- Herkouerproduksie
- Nieherkouerproduksie
- Weidingsbestuur

BScAgric met Dieregesondheid
Toelatingsvereistes:
- NSS of NS(B)
- TPT: 26
- Wiskunde: Vlak 4
- Lewenswetenskappe: Vlak 4
- Fisika: Vlak 4
- Engels: Vlak 4
Duur: Vier jaar

Diploma in Dieregesondheid
Toelatingsvereistes:
- NSS of NS(B)
- TPT: 22
- Wiskunde: Vlak 3
- Lewenswetenskappe: Vlak 3
- Fisika: Vlak 3
- Engels: Vlak 3
Duration: Three years