
Die landbouprogram aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit ontwikkel goed afgeronde gegradueerdes wat toegerus is om tot die landbousektor in Suid-Afrika by te dra.
Die vakgroep bied twee vierjaar-BScAgric-programme aan wat aan studente ’n sterk grondslag vir gewasproduksie, grondkunde en landboubestuur verskaf. Albei programme ontwikkel kennis wat op volhoubare landbou en moderne gewasproduksie betrekking het, terwyl studente toegelaat word om ’n sterker fokus op óf grondkunde óf landbou-ekonomie te ontwikkel. Die programme inkorporeer gebiede soos gewasfisiologie, akkerbou, gewasbeskerming, grondbestuur, volhoubare landbou en presisieboerdery.
Kwalifikasies in die program
Kernmodules
Die twee programme deel ’n gemeenskaplike basis in die landbou- en natuurwetenskappe, insluitend die volgende kernmodules:
- Gewasfisiologie en Produktiwiteit
- Inleiding tot Akkerbou
- Weer, Klimaat en Landbou van Suider-Afrika
- Grondkunde
- Grondvrugbaarheid
- Gewasbeskerming
- Geïntegreerde Plaagbestuur
- Produksie van Somergraan, Olie- en Proteïenryke Gewasse
- Beginsels en Praktyk van Groenteproduksie
- Produksie van Kleingraan en Wisselbou-Wintergewasse
- Presisieboerdery
- Projekte en Seminaar
- Plaasbestuur en Beplanning
Die programme verdeel dan volgens hulle onderskeie spesialiseringsrigtings.
Toelatingsvereistes
Om tot enigeen van die BScAgric-programme toegelaat te word, moet kandidate die volgende hê:
- NSS of NS(B)
- TPT: 26
- Engels: Vlak 4
- Wiskunde: Vlak 4
- Natuurwetenskappe: Vlak 4
Kandidate met matriekuitslae van buitelandse onderwysstelsels moet voldoen aan die vereistes wat deur die Gemeenskaplike Matrikulasieraad en die SAKO-evalueringsaanbeveling bepaal word, insluitend ’n TPT van 26.
Loopbaanmoontlikhede
- Akkerboukundige
- Grondkundige
- Omgewingsgrondkundige
- Landbou-ekonoom
- Landboukonsultant
- Plaasbestuurder
- Landbouproduksiebestuurder
- Landbouvoorligtingspraktisyn
- Landboubemarkingspesialis
- Landbou- finansiële spesialis
- Landbounavorser
- Landboubeleids- en ontwikkelingspesialis
- Presisielandbouspesialis
- Akademiese/navorsingsloopbaan in landbou

BScAgric met Akkerbou en Grondkunde
Programkode: 2FD K08 N401P
Tydsduur: 4 jaar
Hierdie program kombineer akkerbou en gewasproduksie met omvattende opleiding in grondkunde. Studente ontwikkel kennis op gebiede wat grondvrugbaarheid, grondgesondheid, grondfisika, grondmikrobiologie, omgewingsgrondkunde, besproeiing, volhoubare landbou en presisieboerdery insluit.
Spesialisering in Akkerbou en Grondkunde
- Grondchemie
- Grondagteruitgang en rehabilitasie
- Grondgenese en klassifikasie
- Grondfisika en Besproeiing
- Grondmikrobiologie
- Grondgesondheid
- Omgewingsgrondkunde
- Volhoubare landbou
- Landbou en die Omgewing

BScAgric met Akkerbou en Landbou-Ekonomie
Programkode: 2FD K09 N401P
Tydsduur: 4 jaar
Hierdie program kombineer akkerbou en gewasproduksie met landbou-ekonomie en bestuur. Studente verwerf kennis op gebiede wat landboubemarking, plaasbestuur, landbouproduksie-ekonomie, ekonometrie, landboufinansiering, landboubeleid en ontwikkeling, en presisieboerdery insluit.
Spesialisering in Akkerbou en Landbou-Ekonomie
- Spesialisering in Akkerbou en Landbou-Ekonomie
- Landboubemarking
- Grondhulpbron- en Omgewingsekonomie
- Landbouproduksie-ekonomie
- Ekonometrie
- Landboubeleid en Ontwikkeling
- Landboufinansiering
- Gevorderde Produksie-ekonomie