Loopbane

Snelle ontwikkeling en groei van die Suid-Afrikaanse bevolking bied aan Stads- en Streekbeplanners die unieke geleentheid om ʼn integrale rol te speel in die ontwikkeling van bekostigbare behuising en effektiewe infrastruktuur. Die Stads- en Streekbeplanner werk in ʼn multidissiplinêre milieu wat interaksie met ʼn wye verskeidenheid van bouomgewing-verwante beroepe tot gevolg het.  Stads- en Streekbeplanning is ook geïdentifiseer deur die Departement vir Hoër Onderwys en Opleiding as een van die land se “vyf prioriteit vaardighede” sowel as een van die “honderd skaars vaardighede” in Suid-Afrika.

 

Voorbeelde van organisasies waar Beplanners kan werk sluit onder andere die volgende in:

  1. Regeringsinstansies: Nasionale en Provinsiale departemente, plaaslike munisipaliteite, ontwikklingsagtenskappe
  2. Privaatsektor: Korporatiewe omgewing (bv. Vodacom, MTN, ABSA, AngloGold, ens.), Privaat konsultasiefirmas (stadsbeplanners), Argitekte, Landmeters, Ingenieursmaatskappye, Eiendomsagente, Ontwikkelaars en ander relevante bouomgewingsberoepe,
  3. Navorsingsinstellings en Universiteite