Oor Ons

Welkom by die Skool vir Geo- en Ruimtelike Wetenskappe

Geografie en Omgewingsbestuur is die wetenskap waarby die interaksie tussen die mensdom en sy omgewing, bestudeer word. ʼn Relatiewe nuwe uitbreiding van Geografie, naamlik Omgewingsbestuur, fokus op die spesifieke ontleding van die impak wat die mensdom op die omgewing het en hoe om hierdie impakte te bestuur. Voorgraadse opleiding is daarop gemik om ʼn sterk toeretiese grondslag in menslike en fisiese geografie te voorsien, terwyl nagraadse opleiding op die verskillende omgewingsbestuursbenaderings en -gereedskap fokus.

Die Skool vir Geo- en Ruimtelike Wetenskappe het ten doel om relevante, waardegedrewe opleiding en navorsing van internasionale gehalte te lewer wat fokus op ons bestaande kundigheid in die veld van omgewingswetenskappe en -ontwikkeling. Die struktuur van die skool bestaan uit Geologie, Geografie, asook Stads- en Streekbeplanning. Die saamgroepering van hierdie dissiplines vorm die basis vir omvattende multidissiplinêre opleiding en navorsing waardeur studente toegerus en gevorm word tot gebalanseerde omgewingswetenskaplikes. Die kwaliteit van programme word deur gereelde eksterne evaluering verseker. Navorsingsprojekte word aangebied in omgewingsbestuur, ekologiese remediëring en volhoubare bestuur, biodiversiteit en bewaringsekologie, waterwetenskappe, plantbeskerming asook stads- en streekbeplanning.

Omgewingswetenskaplikes funksioneer as akademici, navorsers en  natuurbewaarders, as omgewingsbestuurders, -konsultante,  -ouditeure, -beplanners, en -impakassesseerders, in die toerismebedryf, asook as stads- en streekbeplanners.

 

Oor omgewingsbestuur: