Mikrobiologie

Wat is Mikrobiologie?

Mikrobiologie behels die ontbloting van die geheimsinnigheid van mikroskopiese lewe en die toepassing daarvan in die modernesamelewing. Die interaksie van virusse, bakteria en swamme met die omgewing, hul industriële toepassing en die kliniese belang affekteer amper elke area van die menslike lewe. Voorgraadse studie in mikrobiologie behels die studie van verskillende tipes mikrobes so wel as toepassings in mikrobiese ekologie, genetika en industriële mikrobiologie.

Mikrobiologie bestaan uit die volgende vakke:

  • Inleidende Mikrobiologie vir verpleegkunde
  • Inleidende Mikrobiologie
  • Inleidende mikrobiese genetika, virologie en immunologie
  • Mikrobiese Fisiologie
  • Rekombinant DNA tegnologie en industriële mikrobiologie
  • Diversiteit en Ekologie van Mikroörganismes
  • Mikrobiologie vir Voedsel en Voeding
  • Mikrobiologie (vir farmasie)