Geografie

Wat is Geografie?

Verskillende karaktereienskappe van die natuurlike omgewing (bv. klimaat, minerale, topografie, oseane) lei daartoe dat verskeie menslike aktiwiteite op die aardoppervlak plaasvind (bv. myne, plase, stede of oorde). Verskillende aktiwiteite beïnvloed die natuurlike en sosio-ekonomiese omgewing in verskillende maniere (bv. besoedeling of sosio-ekonomiese en etiese-morele probleme). Geografie en Omgewingsbestuur bestudeer die totale menslike-natuur sisteem met die doel om die patrone van ons land-gebruik en die invloede daarvan te verstaan en bestuur. 

Geografie bestaan uit die volgende vakke:

  • Inleiding tot Fisiese Geografie
  • Inleiding tot Menslike Geografie
  • Fisiese Geografie
  • Menslike Geografie
  • GIS en Afstandwaarneming
  • Toegepaste Geografie

Geo-Wiskunde Program