Geologie en Grondkunde

Wat is Geologie en Grondkunde?

Geologie is die studie van die aarde. Hierdie studieveld handel oor die materiaal waaruit die aarde, klippe en minerale bestaan so wel as die prosesse wat ʼn bydrae tot die vorming van die aarde gelewer het in terme van die interne en eksterne oppervlakte. Die bestudering van die fisiese en chemiese eienskappe van die aard se materie is van groot belang omdat mense elke dag hiermee in kontak tree en staatmaak op verfynde produkte wat uit klip of minerale gemaak word. Geologie is van uiters belang in Suid-Afrika omdat die land verryk is met ekonomiese waardevolle minerale as hulpbronne en belangrike historiese erfenisterreine wat jaarliks baie toeriste na die land trek.

Ons interaksie met geologie lewer ʼn groot impak op die aarde se oppervlak, dit los baie afvalprodukte agter en versprei besoedelling tot ander waardevolle hulpbronne soos water en grond. Dus, bykomend tot die fundamentele geologie modules, poog hierdie kurrikulum om die beginsels van omgewings geologie, rehabilitasie en grondkunde te inkorporeer om sodoende die student voor te berei om in ʼn gemeenskap van beroepe waar besluite rondom ons aarde en sy hulpbronne gemaak word.

Geologie en Grondkunde bestaan uit die volgende vakke:

  • Geologie en die omgewing
  • Suid-Afrikaanse Geologie
  • Mineralogie en Stollingspetrologie
  • Sedimentologie, Struktuurgeologie en Neotektoniek
  • Metamorfe Petrologie en Geochemie
  • Hidrologie
  • Inleidende Grondkunde
  • Gevorderde Grondkunde
  • Gronddegradasie en rehabilitasie