Die Tuin

Oor die tuin

                                      

Al beslaan die NWU Botaniese Tuin minder as drie hektaar, word meer as 1 500 plantspesies en ’n verskeidenheid diere en insekte in hierdie tuin aangetref. Die meeste van die plante in die Botaniese Tuin is inheems, met die uitsondering van ’n paar eksotiese plante wat van botaniese of opvoedkundige belang is. ’n Gedeelte van die tuin rondom ’n mensgemaakte rotsrif word as ’n natuurlike veldtuin bestuur, terwyl die res van die tuin meer intensief bestuur word. Die res van die NWU Botaniese Tuin bevat ’n aantal tematuine, wat die Moerastuin, Vleituin, Formele Inheemse Tuin, Indringeruitstalling, Evolusietuin en Vetplant-rotstuin insluit


   

Versamelings

Die plantversamelings in die Botaniese Tuin fokus hoofsaaklik op inheemse plante uit die Noordwes-Provinsie, asook op plante wat vir navorsings- en opvoedingsdoeleindes gebruik word. ’n Paar van die talle plantgenusse wat in die tuin voorkom, is Acacia, Aloe, Bonatea, Crinum, Dierama, Encephalartos, Eucomis, Eulophia, Euphorbia, Gasteria, Haworthia, Hypoxis, Kniphofia, Plectranthus, Podocarpus, Scadoxus en Zantedeschia.

Tuinkaart


Index seninum

Geen index seminum is tans beskikbaar nie. Instellings is egter welkom om oor die beskikbaarheid van saad navraag te doen.


Lys van inheemse plante wat vir Potchefstroom geskik is

Lys van inheemse plante in Potchefstrooom (Net in Engels beskikbaar)
Oor die afgelope dekades het die volgende plante bewys dat hulle in Potchefstroom se uiterste klimaat oorleef. Hierdie inheemse plante behoort goed in privaat tuine in Potchefstroom en omgewing te aard.


Voëls wat in die NWU Botansiese Tuin voorkom

Lys van voels in die NWU Botaniese Tuin, Potchefstroom (Net in Engels beskikbaar)
Die volgende vols is die afgelope paar dekades in die Botaniese Tuin waargeneem.