Kwalifikasies

Voorgraadse Studie: 3 jaar BSc (Baccalaureus Scientiae)

Die studie periode vir ʼn BSc-graad in Natuur- en Landbouwetenskappe duur 3 jaar voltyds. Ons bied vir u omvattende mark-gebonde grade wat die vakgroepe Dierkunde, Plantkunde, Mikrobiologie, Geologie, Geografie, Fisiologie en Toerisme kombineer om verskeie kurrikulums saam te stel. Die Skool vir Biologiese Wetenskappe, in samewerking met die Skool vir Geo- en Ruimtelike Wetenskappe, bied die grootse seleksie kwalifikasie programme aan. Met twee-en-twentig kwalifikasie in totaal, wissel hulle van Plantkunde – Dierkunde tot Geologie – Rekenaarwetenskap. Die kombinasie van hoof kurrikulum se vakke is ook uniek tot hierdie skool waarby, bv. Fisiese en Chemiese Wetenskappe gekombineer word met Omgewings- en Biologiese Wetenskappe, en tot met Rekenaarwetenskap. Elke kurrikulum is saamgestel volgens streng kwaliteitstandaarde om te verseker dat u studie met ons aan internasionale standaarde en verwagtinge voldoen. Om meer oor die kurrikulums te lees wat ons vir u bied, kan u gerus deur ons jaarboek of brosjure lees.


Nagraadse Studie

Bevordering van u studie:

  • Honneurs
  • MSc
  • PhD

Die voordele wat voorkom na die voltooiing van ʼn honneurs-graad sal u in staat stel om u studie met ons verder te bevorder deur ʼn MSc en later ʼn PhD. Dit bied ook vir u ʼn dieper vlak van kennis en ondervinding, met betrekking tot u studieprogram, wat ten einde vir u toekomende werkgewer as voordelig sal voorkom. Die voltooiing van ʼn geskikte honneurs-graad sal u toelaat om as ʼn Professionele Natuurwetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplikes te registreer.

Die skool het ʼn paar uitstekende studente gelewer en geniet die voordeel van verskeie kenners onder hul akademikusse. Sien asseblief ons NWU Kenners Afdeling. Om vir ʼn nagraadse kwalifikasie aansoek te doen, sal u toelaat om in samehang met die laboratoriums, navorsingsentrums en eenhede binne die skool, asook met ander organisasies te werk: