Plantkunde

Wat is Plantkunde?

Plante vorm die brug tussen die biosfeer en sy energiebron, die son. Plante is ook die bron van suurstof, kos, brandstof, vesel, medisyne en boumateriaal. Plante soos snyblomme word gekweek en geplant vir hul estetiese waarde. Studies van die basiese struktuur, identifikasie, klassifikasie en funksionering van plante, hul interaksie met ander organismes en die omgewing, so wel as die toegepaste aspekte van die vakgroep, is die noodsaaklike boublokke in die opleiding van plantkundiges en omgewingswetenskaplikes. Plantkundiges hou hulself besig met die mees fundamentele vrae en behoeftes van mense en diere en is gesog in velde soos: biosistematiek, botaniese navorsing, ekologie, ekotoksikologie, biochemie, landbou, natuurbewaring, bestuur van botaniese tuine, omgewingsbestuur, onderwys/opvoeding, plaagbeheer, varswater en mariene navorsing, tuinbou, gewasproduksie, biotegnologie, plant kweker, groenhuisbestuur, rehabilitasie en watersuiwering.

Plantkunde bestaan uit die volgende vakke:

  • Plantstruktuur – sitologie, morfologie en anatomie
  • Biodiversiteit en omgewingsplantkunde
  • Plantgenomika
  • Flora van Suid-Afrika (plantsistematiek en fitogeografie)
  • Plantfisiologie
  • Plantekologie
  • Plantekologie: Toerisme