Wat is Statistiek?
Statistiek behels, onder andere, die studie van data analise metodes. In laboratoriums, kommersiële institusies en fabrieke word data op ʼn daaglikse basis ingesamel. Hierdie data moet geprosesseer word om bruikbare inligting te onttrek. Statistiek verskaf die tegnieke vir die proses, is belangrik vir baie studievelde en is toenemend noodsaaklik.
So, wat is statistiek? Verskeie informele beskrywings word in die boek A Career in Statistics: Beyond the Numbers deur Gerald Hahn en Necip Doganaksoy gegee:
- Die wetenskap van uit data uit leer (om daaruit sin te maak)
- Die teorie en metodes van die ontrekking van inligting van waarnemende data om realiteits-probleme op te los
- Die wetenskap van onsekerheid
- Die tipiese interdissiplinêre wetenskap
- Die kuns van storievertelling met numeriese data
Statistiek bestaan uit die volgende vakke:
- Beskrywende Statistiek
- Beskrywende Statistiek en Inferensie
- Inleidende Statistiese Inferensie I
- Inleidende Statistiek
- Praktiese Statistiek
- Inleidende waarskynlikheidsleer
- Waarskynlikheidsleer en Steekproefteorie
- Statistiese Inferensie en Tydstreeksmodelle
- Statistiek vir Lewenswetenskappe
- Lineêre modelle
- Statistiek Projek