Skip to main content
    
    
      
              
                        
          
        
      
  
  
    
    
                              
              
          
              
            
                  
                
                                      
                  
                          
            
      
  
    
  
    
             
Die Statistiese Konsultasiediens (SKD) van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit bestaan sedert 1980. 
SKD verskaf hulp aan nagraadse studente en personeel van die Noordwes-Universiteit ten opsigte van kwantitatiewe aspekte van navorsing. 
Nota:
Projekte (Dissertasies, Tesisse) vir finale indiening op 28 November 2025: Moet volledig by ons geregistreer wees teen 7 November 2025.
Projekte vir indiening in 2026: Sal op ons waglys geplaas word en slegs toegewys word sodra konsultante die 2025-projekte afgehandel het.
Voorstelle vir indiening teen einde November 2025: Geen verdere projekte wat die hersiening van voorstelle vir 2025-indienings behels, sal aanvaar word nie.
 
Dit word aanbeveel dat kliënte reeds met SKD moet konsulteer tydens die beplanningsfase van 'n navorsingsprojek, en nie slegs nadat data ingesamel is nie. 
Indien die konsultasie rakende 'n studenteprojek is, is dit gewens dat die studieleier/ promotor die student tydens die eerste konsultasie vergesel.
 
