Oor ons

Welkom by die Skool vir Wiskundige en Statistiese Wetenskappe

Die skool bestaan uit die vakgroep Wiskunde en Toegepaste Wiskunde en die vakgroep Statistiek. Studente het 'n keuse uit 'n verskeidenheid van programme wat elk modules uit hierdie twee vakgroepe kombineer met modules uit ander vakgroepe binne en buite die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

Op voorgraadse vlak word 'n driejarige BSc-graad aangebied. Na voltooiing van die BSc-graad is die nagraadse kwalifikasies BSc Honneurs, MSc en PhD agtereenvolgens beskikbaar aan student, waarby die laaste twee grade deur die navorsingsentiteit vir Suiwer en Toegepaste Analitika  aangebied word.