Data Ontginning


Bedryfsanalise (ook bekend as Data-ontginning) is ‘n snel ontwikkelende studieveld met toepassings in ‘n wye reeks industrieë. Dis ideal vir studente met ‘n aanleg vir wiskunde wat ook belangstel in rekenaarprogrammering. Daar bestaan tans talle werksgeleenthede binne die onderskeie sektore van die industrie, soos byvoorbeeld die finansiële en nywerheidsektore, kommunikasie, kleinhandel en mynbou. Bedryfsanalise behels die vaardigheid, tegnologieë, toepassings en praktyke wat benodig word vir deurlopende volgehoue ondersoek van databasisse om insig te verkry en bedryfsbeplanning te doen. Die sagteware is gewoonlik gebaseer op wiskundige algoritmes wat ontwikkel is om groot datastelle (dikwels Big Data genoem) te ontleed.  Dit maak dit moontlik vir gebruikers om data te ontleed vanuit verskeie  dimensies of hoeke, dit te kategoriseer, die geïdentifiseerde verhoudings op te som en vir prediktiewe, voorspellende analise te gebruik.  Bedryfsanalise by die NWU bevat ‘n volledige reeks onderwerpe hoofstroom-bedryfsanalise asook die toepassing daarvan.

Die geïntegreerde kurrikulum sluit onder meer praktiese data-ontginning, statistiese tydreeksontginnings, oorlewingsanalise, die bou van statistiese modelle, neurale netwerke, multi-kriteria besluitneming, databestuur, sowel as relevante ander statistiese en inligtingstegnologiese onderwerpe in. Dit sluit praktiese ontledings in met die jongste sagtewarepakette soos SAS Enterprise Miner, SAS ETS, SAS Rapid Predictive Modeler, SAS Enterprise Guide en SAS Forecast Studio.

Vir die akademiese jaarboek, kliek hier.

Data-ontginning bestaan uit die volgende vakke:

  • Rekenaarwetenskap
  • Ekonomie
  • Inligtingstegnologie
  • Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
  • Statistiek.

Beurse beskikbaar, kliek hier. 

Hierdie program is op die Potchefstroom- en Vaalkampuse beskikbaar.