Absa BWI beurse

Algemene inligting:

Daar is tans 3 Absa BWI beurse beskikbaar vir studies in BWI en Aktuariële Wetenskap soos aangebied op die Potchefstroom en Vanderbijlpark kampusse van die NWU.
Die Absa BWI beursprogram word bestuur deur die Absa BWI Beurskomitee onder voorsitterskap van Absa met insette van personeel van die Sentrum vir BWI op die Potchefstroom Kampus van die NWU.

 

Absa BWI Beurs Aansoek en Keuringsproses:

  • Die besluit oor die aantal hoeveelheid en beskikbaarheid van beurse vir 'n betrokke jaar berus by Absa.
  • Die ABB sal in Februarie van elke jaar ge-adverteer word.
  • Studente sal versoek word om via e-pos te reageer, indien hulle belangstel in die beurs.
  • Die e-pos moet 'n afskrif van hul ID, 2-bladsy CV en toestemming bevat om hul akademiese inligting, soos per NWU akademiese stelsel (VSS), met Absa te deel, soos verkry deur die Sentrum vir BWI van VSS.
  • Studente wat goedgekeur word deur die ABBK gekeur word, sal genooi word vir Absa se psigometriese en enige ander toets wat die ABBK nodig geag word.
  • Na die psigometriese toeste se resultate verwerk is, gaan 'n kortlys van kandidate opgestel word wat 'n onderhoud met Absa sal moet bywoon op die die NWU se Potchefstroom kampus.
  • Na afloop van die onderhoude sal al die kandidate, wat die onderhoude bygewoon het, elkeen afsonderlik verwittig word van die resultaat van die onderhoud.

Kontak Mr Thys Cronje by 018 299 2577 of e-pos na Thys.Cronje@nwu.ac.za indien daar enige vrae is.