BWI Tuis

Die Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika® is ‘n toonaangewende tersiêre instansie vir  risiko-opleiding en –navorsing vir die finansiële sektor. Dit spog onder andere met:

  • ʼn uitgebreide korporatiewe kliëntevoetspoor in finansiële sektore in Afrika;
  • samewerkende verhoudings met kliënte oor ʼn spektrum van industriegedrewe navorsingsprojekte;
  • ʼn kwantitatiewe risikobestuursprogram (by PRMIA geakkrediteer) wat wêreldwyd erkenning geniet;
  • aktuariële en bedryfsanaliseprogramme wat wêreldwyd erken word;
  • internasionale lofbetuigings vir risikonavorsing;
  • die bankwese se uitverkore bron van kundigheid en talent betreffende risiko- en bedryfsanalise;
  • deurgaans hoë vlakke van kliëntetevredenheid en aanbevelings.

BWI bied die volgende vier programme aan wat hoofsaaklik fokus in die finansiële sektor:

Hierdie studierigtings is almal gegrond op die wiskundige wetenskappe (bv. Statistiek, Wiskunde en Bedryfsnavorsing) sowel as die ekonomiese en inligtingswetenskappe.

Onlangs het die kwantitatiewe Risikobestuursprogram akkreditasiestatus van PRMIA (Professional Risk Manager International Association) ontvang vir Vlak I en Vlak II van hulle Professionele Risikobestuursprogram. Die NWU is slegs die derde universiteit in die wêreld, en die eerste in Afrika, wat akkreditasie van hierdie internasionaal gerespekteerde professionele liggaam ontvang.

Kyk gerus na BWI se Bemarikingsvideo om jou opgewonde te maak oor wat alles verwag kan word wanneer enige van die vier programme studeer. 

Die NWU Virtuele Toer sal aan jou 'n welkome verweloming bied by ons pragtige kampusse en studies by die Sentrum vir BWI.

Die Bemarkingsbrosjure bevat al die nodige inligting vir voornemende studente om meer te leer van al vier professionele programme wat aangebied word by die Sentrum vir BWI.