Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Wiskunde

Op skoolvlak bestaan wiskunde uit algebra, meetkunde, analitiese meetkunde, trigonometrie en differensiaalrekening. Op universiteitsvlak word al die voorgenoemde afdelings in diepte bestudeer.  Geen Fisika, Chemie, Ingenieurswese, Statistiek of Toegepaste Wiskunde student kan vordering binne die voorgenoemde vakke maak sonder ʼn grondige kennis van Wiskunde se verskeie afdelings.  Die NWU se Fakulteit Natuurwetenskappe is verbind tot kwaliteit en deskundigheid. Die onderrig wat u hier kry berei u voor vir ʼn moderne, vinnige veranderende werksomgewing wat aanpasbaarheid, praktiese vaardighede, multidissiplinêre benadering en spanwerk verreis. By ons fakulteit ontwikkel ons gebalanseerde, kritiese denkers en ondersteuning is aan alle voor- en nagraadse studente gegee om te verseker dat die student sy/haar volle potensiaal as ʼn natuurwetenskaplike bereik. 

Die volgende vakke word deur die Wiskunde vakgroep aangebied:

  • Inleiding tot Algebra en Analise I
  • Wiskundige Tegnieke
  • Basiese Wiskundige Tegnieke
  • Inleidende Algebra en Analise
  • Analise III
  • Lineêre Algebra II
  • Toegepaste Lineêre Algebra
  • Kombinatorika
  • Komplekse Analise
  • Algebraïese Strukture
  • Reële Analise     

 

Toegepaste Wiskunde

Toegepaste Wiskunde is die vak wat die brûe tussen Wiskunde en praktyk bou. Wiskunde behels abstrak konsepte om ten einde logiese strukture te vestig. Die doel van Toegepaste Wiskunde is om realiteitsgedrewe probleme op te los deur middel van wiskundige tegnieke. Toegepaste Wiskunde konsentreer hoofsaaklik daarop om op nuttige metodes en tegnieke te ontwikkel vir areas soos Ingenieurswese, Fisika en Rekenaarwetenskap.

Die volgende vakke word deur die Toegepaste Wiskunde vakgroep aangebied:

  • Statika en Wiskundige Modellering
  • Wiskundige Modellering en Vektoralgebra
  • Dinamika I
  • Differensiaalvergelykings
  • Dinamika II
  • Numeriese Analise
  • Parsiële Differensiaalvergelykings (numeries)
  • Dinamika III
  • Optimalisering 

 

Wiskunde Opknapkursus

Wat is die motivering agter die opknapkursus?

Die NWU se dosente probeer voortdurend hul dienste aan studente te verbeter. In die afgelope paar jaar het ons agter gekom dat studente stygende probleme ervaar met die oorgang van skool na universiteit, veral wanneer dit by wiskunde kom. Die Skool vir Rekenaar, Statistiese en Wiskundige Wetenskappe het dus besluit dat vanaf 2011 sal die opknapkursus verpligtend wees vir alle hoofstroom wiskunde studente.

Vir meer inligting, insluitende notas, werkboek en oorlewingsgids rakende ons wiskunde operakursus, kliek asseblief hier.