Toerisme

Die Skool vir Biologiese Wetenskappe bied ook vir studente die unieke geleentheid om Toerisme as ʼn addisionele kurrikulum te neem (BSc Toerisme). Hierdie is ʼn kombinasie tussen B Art Toerisme en BSc Natuurwetenskappe. Tans bied ons drie programme wat onder Toerisme val en elke program is opgemaak uit Toerisme en enige twee van die volgende drie vakgroepe: Dierkunde, Plantkunde of Geografie.

Die doel van hierdie kurrikulums is om studente toe te rus met grondige kennis en vaardighede binne omgewings gebaseerde biologie en toerismebestuur om ten einde al die aspekte van ekotoerisme te beplan, ontwikkel en bestuur so wel as om die te kort aan opgeleide bestuurders in die veld van natuurbewaring en volhoubare ontwikkeling te verminder.

 

Toerisme bestaan uit die volgende vakke:

  • Inleiding tot Toerismebestuur
  • Toegepaste Toerismebestuur
  • Toerismebemarking
  • Volhoubare Ekotoerismebestuur
  • Inleiding tot Gebeurtenisbestuur
  • Wildplaasbestuur
  • Toegepaste Gebeurtenisbestuur
  • As ook die addisionele vakke relevant tot die kurrikulums bv. Dierkunde/Plantkunde/Geografie