Kortkursusinligting

Die vakgroep Statistiek van die Noordwes-Universiteit bied verskeie geakkrediteerde kortkursusse in statistiek aan. Kortkursusse bestaan uit ’n teoretiese sowel as ’n praktiese komponent. Die praktiese komponent word met statistiese rekenaarsagtewarepakkette soos STATISTICA, SPSS en R uitgevoer.

Voorbeelde van beskikbare kortkursusse:

  • Kortkursus oor inleidende statistiek met behulp van SPSS
  • Kortkursus oor inleidende statistiek met behulp van R
  • Inleidende kortkursus oor die statistiese sagtewarepakket R
  • Kortkursus oor regressie en ANOVA-metodes

Kortkursusse kan ook ten opsigte van inhoud, statistiekontledingsagteware, kursuslengte, ens. pasklaar gemaak word.  Dit kan ook intern vir privaatsektorkliënte aangebied word as meer as vyftien afgevaardigdes dit bywoon.

Vir meer inligting, kontak asseblief marike.cockeran@nwu.ac.za.