Kwantitatiewe Risikobestuur


Die belangrikheid van risikobestuur op die hoogste vlakke van organisasies word toenemend erken, en staan in die breë sin bekend as ERM (Enterprise-wide Risk Management). Die belangrikste risikotipes omsluit mark-, krediet- en bedryfsrisiko’s. Markrisiko is die risiko dat veranderinge in finansiële markpryse en –tariewe die waarde van die maastappy se posisie sal verminder. Kredietrisiko is die risiko dat ʼn verandering in die kredietkwaliteit van ʼn teenparty die waarde van die bank se posisie sal beïnvloed.  Bedryfsrisiko verwys na potensiële verliese wat kan voorstpruit uit ontoereikende stelsels, swak bestuur, foutiewe kontrole, bedrog en menslike foute. Kwantitatiewe Risikobestuur by de NWU dek ‘n hele reeks onderwerpe in hoofstroom-risikobestuur en -analise en die toepassing daarvan. Die kurrikulum sluit byvoorbeeld markrisiko, kredietrisiko, bedryfsrisiko, die modellering van volatiliteit en verstekmodelle in. Dit omvat ook Basel II reëls en benaderings, tydreeksanalise, statistiese modelle en waarskynlikheid, afgeleide beprysing en verskansing, die dinamiek van batepryse, risiko-analise en uiterste gebeure, rentekoerse of buitelandse handelsprosesse, beleggingsbesluitneming, asook ander statistiese vakke wat betrekking het op praktiese finansiële mdellering. Dit sluit ook in praktiese analises met die jongste sagtewarepakette soos SAS Risk Dimensions, SAS Operational Risk en SAS Credit Solutions, BARRA en ALMAN.

Vir die akademiese jaarboek, kliek hier.

Kwantitatiewe Risikobestuur bestaan uit die volgende vakke:

  • Rekenaarwetenskap en Inligtingstegnologie
  • Ekonomie
  • Finansiële Wiskunde
  • Wiskunde
  • Risikobestuur
  • Statistiek.

Beurse beskikbaar, kliek hier.

Hierdie program is beskikbaar op die Potchefstroom- en Vaalkampuse.

Onlangs het die kwantitatiewe Risikobestuursprogram akkreditasiestatus van PRMIA (Professional Risk Manager International Association) ontvang vir Vlak I en Vlak II van hulle Professionele Risikobestuursprogram. Die NWU is slegs die derde universiteit in die wêreld, en die eerste in Afrika, wat akkreditasie van hierdie internasionaal gerespekteerde professionele liggaam ontvang.