Fisika

Wat is Fisika?

Fisika poog om verskynsels in die natuur volgens wetenskaplike wette (bv. Newton se wette) op te som. Hierdie wette is geformuleer om vir ons kennis rakende die fisiese wêreld te voorsien. Fisika, tesame met vakke soos Chemie en verskeie verdelings van Wiskunde, vorm die basis van Wetenskap en Tegnologie. Hierdie vakke vorm deel van kurrikulums binne Ingenieurswese asook verskeie ander toepaslike velde. Die missie van die vakgroep Fisika bestaan hoofsaaklik uit opleiding terwyl navorsing in die velde van Astrofisika en Ruimte Fisika binne die Sentrum vir Ruimte Navorsing plaasvind. Hierdie sentrum is ook by die Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktika Sentrum betrokke waar navorsing in Antarktika gedoen word. Fisika gee mens ʼn unieke benarding tot probleemoplossing, ʼn logiese wetenskaplike ingesteldheid asook insig en perspektief oor die wêreld waarin ons lewe. Hierdie vaardighede dra by tot die fisikus se vermoë om by loopbane anders as dit binne die veld van fisika aan te pas. Die vakgroep Fisika het ook ʼn uitgebreide beursskema gerig op die opleiding van uitstekende studente as fisikusse en om die te kort van natuurwetenskaplikes in Suid-Afrika te help verminder.  

Fisika bestaan uit die volgende vakke:

  • Meganika, Trillings, Golwe en Warmteleer
  • Fisika vir Biologie
  • Elektrisiteit, Magnetisme, Optika, Atoom- en kernfisika
  • Fisika vir Biologie II
  • Elektrisiteit en Magnetisme
  • Optika
  • Spesiale Relatiwiteit
  • Inleidende Kwantumfisika
  • Elektromagnetisme
  • Golfmeganika
  • Termodinamika
  • Kernfisika en Elementêre Deeltjies
  • Astro- En Ruimtefisika