Oor Ons

Welkom by die Skool vir Fisiese- en Chemiese Wetenskappe

Die Skool vir Fisiese en Chemiese Wetenskappe (SFCW) bied relevante, waardegedrewe opleiding wat studente voorberei op die beroepswêreld. Die Skool se kundigheid word verdeel in drie vakgroepe, naamlik Biochemie, Chemie en Fisika. 

Die betrokkenheid van hierdie drie dissiplines onder een skool vorm 'n omvattende struktuur vir multidissiplinêre opleiding en innoverende, wêreldklas navorsing. Die samestelling van Honneurskursusse bied 'n uitdagende program waar studente voorberei word op nagraadse studie en hulle blootgestel word aan die navorsingskundigheid in die verskillende vakgroepe van die SFCW by die NWU.

Hierdie programme rus die student toe met albei intellektuele en praktiese vaardighede in die veld van Fisiese en Chemiese Wetenskappe. Suksesvolle studie, veral nagraadse studie in een van hierdie programme bied opwindende geleenthede in navorsing en ontwikkeling, onderrig in hoër- en sekondêresektore, gehaltebeheer, bemarking en verkope, asook die bestuur en konsultasie in hierdie gespesialiseerde velde.