Kwalifikasies

Voorgraadse Studie: 3 jaar BSc (Baccalaureus Scientiae)

Die studie perode vir ʼn BSc-graad duur 3 jaar voltyds. Ons bied omvattende mark-gebonde grade, wat die vakgroepe Chemie, Biochemie en Fisika kombineer om ten einde verskeie programme voor te stel wat van Chemie en Fisika, tot Fisika en Toegepaste Wiskunde strek.  Elke program is volgens streng gehalte standaarde saamgestel om te verseker dat u studie met ons aan internasionale standaarde en verwagtinge voldoen. Om meer oor ons verskeie kurrikulums te lees, kan u gerus deur ons jaarboek of brosjure kyk.

Nagraadse Studie:

Bevordering van u studie: Voltooiing van ʼn Honneurs, MSc- of PhD-graad

Die voordele wat voorkom na die voltooiing van ʼn honneurs graad sal u in staat stel om u studie met ons verder te bevorder deur ʼn MSc, en later ʼn PhD. Dit bied ook vir u ʼn dieper vlak van kennis en ondervinding, met betrekking tot u studie program, wat ten einde vir u toekomende werkgewer as voordelig sal voorkom. Die voltooiing van ʼn geskikte honneurs graad sal u toelaat om as ʼn Professionele Natuurwetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplikes te registreer.

Ons MSc- en PhD-studente wat aan ons innoverende tegnologiese projekte werk oefen hul kennis en vaardighede om sodoende aan internasionale standaarde, wat oor ʼn wye spektrum strek, te voldoen. Doktorsgraadstudente werk as dosente of navorsers by ander universiteite, ruimtewetenskaplikes in Kalifornië of rekenaar tegnoloë in New York. Daar is wêreldwyd ʼn behoefte aan gekwalifiseerde wetenskaplikes binne die veld vir chemiese en fisiese wetenskappe.

Die skool het ʼn paar uitstekende studente opgelewer en geniet die voordeel van verskeie kenners onder hul akademikusse. Sien asseblief ons NWU Deskundiges Afdeling. Om vir ʼn nagraadse kwalifikasie aansoek te doen, sal u toelaat om in samehang met die Laboratoriums, Navorsingsentrums en Eenhede binne die skool, asook met ons innoverende tegnologie te werk.

Fisika:

Chemie:

Biochemie:

Laai ons nagraadse jaarboek hier af.