Aktuariële Wetenskap


Die toekoms is onseker; sommige gebeurtenisse wat gaan plaasvind, is ongewens.  Risiko is die moontlikheid dat iets ongewens gaan gebeur.

Aktuarisse is kenners van:

  • evaluering van die waarskynlikheid van toekomstige gebeure;
  • die ontwerp van kreatiewe maniere om die waarskynlikheid van ongewenste gebeure te verminder; en
  • die vermindering van die impak van ongewenste gebeure wat wel plaasvind.

Die impak van ongewenste gebeure is emosioneel sowel as finansieel. Om die waarskynlikheid van sulke gebeure te verminder dra daartoe by om emosionele pyn te verlig.  Gebeure soos bv. die dood kan nie vermy word nie; daarom is dit belangrik om die finansiële impak daarvan te verminder. Aktuarisse is voorste kenners wat maniere vind om risiko te verminder. Hierdie kundigheid vereis ʼn kombinasie van sterk analitiese vaardighede, sakekennis en begrip vir die menslike natuur, ten einde ʼn program te ontwerp en te bestuur wat risiko beheer.  Aktuarisse hou van wat hulle doen; hulle werk is intellektueel uitdagend en hulle word goed betaal. Aktuarisse speel sleutelrolle in die bestuurspanne van die maatskappye wat hulle in diens neem.  In ʼn snel-veranderende wêreld met nuwe risiko’s en ʼn behoefte aan nuwe maniere om sodanige risiko’s te beheer, is daar altyd geleentheid vir persoonlike sowel as professionele groei in ʼn aktuariële loopbaan – benewens die plesier van lewenslange leer. Gewoonlik werk aktuarisse in ʼn aangename atmosfeer, saam met ander kundiges, en word gerespekteer deur hulle kollegas. Aktuarisse is die analitiese ruggraat van ons samelewing se finansiële versekeringsprogramme, en die breinkrag agter die finansiële voorkomingsmaatreëls wat ons teen rampe beskerm, wat ons in ons persoonlike lewens implementeer ten einde ons bekommernis oor die toekoms te minimaliseer.  Aktuarisse se insig in risiko’s help ook om ons spaargeld vir ons te laat werk sodat alles wat vir ons kosbaar is kan groei en floreer. Die werk van ʼn aktuaris is dus vir almal tot voordeel.

Aktuariële Vrystellings vir 2022 

Vir die akademiese jaarboek, kliek hier.

Aktuariële Wetenskap sluit die volgende vakke in:

  • Aktuariële Wetenskap
  • Ekonomie
  • Finansiële Wiskunde
  • Inligtingstegnologie
  • Wiskunde
  • Statistiek.

Beurse beskikbaar, kliek hier.

Hierdie program is slegs te Potchefstroomkampus beskikbaar. 

Die Aktuariële Wetenskapprogram is geakkrediteer by die Instituut/Fakulteit van Aktuarisse in die Verenigde Koninkryk sowel as by die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika. Onlangs het die kwantitatiewe Risikobestuursprogram akkreditasiestatus van PRMIA (Professional Risk Manager International Association) ontvang vir Vlak I en Vlak II van hulle Professionele Risikobestuursprogram. Die NWU is slegs die derde universiteit in die wêreld, en die eerste in Afrika, wat akkreditasie van hierdie internasionaal gerespekteerde professionele liggaam ontvang.