Agtergrond

 

Die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika ® (Sentrum vir BWI/Centre for BMI) is in 1997 gestig as ‘n gesamentlike poging deur die destydse Potchefstroomse Universiteit (nou Noordwes-Universiteit) en ABSA Bank Beperk (nou Barclays Africa Group Limited). Die hoofdoel was om ‘n sentrum van uitnemendheid vir finansiële risiko- en vergoedings-bestuursopleiding te stig en sodoende die Suid-Afrikaanse finansiële sektor te ondersteun. Die BWI-konsep is gebou volgens ‘n soortgelyke konsep wat op daardie tydstip tussen RABO-bank en die Vrije Univeristeit van Amsterdam bestaan het.

Vir meer inligting, laai asseblief die BMI Profile (May 2017) af wat aan u 'n inleidende samevatting sal gee van wie en wat BWI alles oor is.

 

Ontmoet die BWI span

Voor: Mnr J Myburgh, Mnr RK Maxwell, Prof PJ de Jongh, Prof H Raubenheimer en Prof HP Mashele. 
Agter: Prof T Verster, Mev C Klaassen, Mev L Hendriks, Mev M Geldenhuys, Prof SE Terblanche, Mev J Larney, Mev M Gericke, Mnr T Cronje, Mev C Kruger en Dr WD Schutte.