Studente Projekte


Gedurende die tweede semester van die MSc BWI graad, moet BWI-studente 'n werklike besigheidsprobleem vir 'n maatskappy in die finasiële sektor oplos. BWI-studente is goed opgelei om risikokwantifiseringsprobleme op te los.
Deur te fokus op die integrasie van opleiding, lewer BWI hoogs gekwalifiseerde studente af wat baie gesog is in die industrie. Ons studente word geakkommodeer deur korporatiewe kliënte soos: Absa, Stanlib, Ernst & Young, Investec, Transunion and Barclays (London), om net 'n paar te noem, gedurende die ses maande tydperk.

​Inligting oor die projekte

Tydens die tweede semester van hul meestersgraad word studente vir drie tot vier dae per week by ʼn bepaalde maatskappy geplaas.  Dit word van hulle verwag om hul kennis en vaardigheid aan te wend om ʼn werklike probleem vir die maatskappy op te los onder die gesamentlike leiding van ʼn BWI akademiese toesighouer en ʼn industriële projekoffisier.  Die tweeledige vereiste is dat waarde tot die maatskappy toegevoeg word en dat die vermoë om akademiese navorsing uit te voer op meestersvlak gedemonstreer word. Die proses is goed gestruktureer en word bestuur volgens ʼn sorgvuldig geartikuleerde metodologie wat baie gewild in die industrie is. Van die voordele is onder meer dat die studente maklik werk kry, en dat, met die hulp van insette van die industrie, hoogs relevante navorsingstuitkomste verkry word. BWI-studente word hoog geag deur die industrie, soos gesien kan word in die verskillende aanhalings deur prominente bestuurders in die aanhalingsafdeling aan die einde van die dokument. Sedert sy ontstaan, het die BWI  327 MSc-studente afgelewer, van wie elkeen ʼn industriegerigte navorsingsverslag ingedien het. Die industrie het die meeste van hierdie verslae baie positief geëvalueer en gevind dat hulle beslis direk besigheidswaarde toevoeg: 85% van hulle het op ʼn vyfpuntskaal meer as 3 uit 5 behaal.

Die program lewer jaarliks ongeveer 35 MSc-graduandi. Die gewildheid van die program by die industrie word bewys deur die feit dat die versoeke vir projekte vanuit die industrie jaarliks bykans tweemaal soveel is as die beskikbare studente, ʼn ratio van byna 2:1.


AANHALINGS

“My experience of BMI graduates is that they compare favourably with the best graduates that we employ from Universities in the UK.”

Ian Wilson
Head of Wholesale Credit Risk Measurement: Group Risk, Barclays, London

 

“I believe that this program has bridged a significant gap between very theoretical research and business reality. The success of candidates in getting jobs with the institutions with whom they have done their research projects clearly indicates how institutions value the project output but just as importantly that they know that they are employing individuals who can add value from day one“

David Hodnett
Deputy CEO: Barclays Africa Group

 

“The Centre for BMI hits the sweet spot between academic excellence and practical business skills. Due to this mix we find that BMI graduates are not only bright but hit the ground running with practical business skills. In short industry enjoy excellent productivity from day one and BMI graduates an accelerated career path.”

Pravin Burra
(FASSA) Director Capital Markets: Deloitte & Touche

 

“SAS Institute believes that the world leading programmes at BMI deliver superior professionals to our customers. The core of this success is found in the quality of their students, teaching and leadership.”

Murray de Villiers
General Manager: Middle East & Africa Regional Academic Program.


Kliënte van die industrie

Die huidige ooreenkoms met industriekliënte Barclays Africa en SAS is nie eksklusief nie. Dit maak soortgelyke ooreenkomste met hul mededingers moontlik, wat BWI hul kliëntebasis sowel as hul diensaanbieding vir die risikobedryf kan laat verbreed . Alhoewel die Sentrum ondersteun word deur Barclays Africa eb SAS, was die Sentrum vir BWI nog altyd trots op sy onafhanklikheid.  Byvoorbeeld:

  • BWI-graduandi is beskikbaar vir en is voorsien aan alle maatskappye wat hul vaardighede benodig.
  • Industriegerigte navorsingsprojekte is reeds vir ʼn hele aantal ander kliënte gedoen.
  • BWI toegepaste navorsingsprojekte is uitgevoer, hoofsaaklik vir Barclays Africa, maar ook vir verskeie ander banke.
  • Hoewel die sentrum ondersteun word deur Barclays Africa en SAS, was die Sentrum vir BWI nog altyd trots op sy onafhanklikheid.
  • Die Sentrum vir BWI betrtek ook ander universiteite in hul gerigte navorsing.

Hieronder is ʼn lys van kliënte wat gebruik gemaak het van die dienste deur die Sentrum aangebied:

  • Alexander Forbes Insurance Co.
  • Andile (Pty) Ltd.
  • Capitec Bank Holdings Ltd.
  • Deutsche Bank AG.
  • Ernst & Young Global Ltd.
  • HSBC Bank PLC.
  • IQ Group.
  • JD Group Limited
  • KPMG Services (Proprietary) Ltd.
  • Liberty Group.
  • MMI Holdings Ltd.
  • Monocle Solutions (Pty) Ltd.
  • Mutual & Federal Insurance Co. Ltd.
  • Neo Laboratories Co. Ltd.
  • OUTsurance Insurance Co. Ltd.
  • Rand Merchant Bank.
  • Santam.
  • South African Reserve Bank.
  • Stanlib.
  • Telkom SA SOC Ltd.
  • TransUnion Credit Bureau (Pty) Ltd.
  • Truworths.
  • True North Partners South Africa (Pty) Ltd.
  • Algorithmics (SA) (Pty) Ltd.
  • Barclays Bank PLC.
  • Experian Information Solutions Inc.
  • Deloitte Touche Tohmatsu Ltd.
  • First National Bank, a division of First Rand Bank.
  • Investec.
  • IQ Risk.
  • King Price Insurance Co. Ltd.
  • Lendex Group Ltd.
  • Lloyds Bank PLC.
  • Momentum, a division of MMI Group Ltd.
  • MTN (Pty) Ltd.
  • Nedbank Ltd.
  • Old Mutual Life Assurance Co.
  • PwC.
  • Real People (Pty) Ltd.
  • SAS Institute Inc.
  • Standard Bank.
  • SunGard.
  • The Foschini Group
  • XDS (Pty) Ltd.