Finansiële Wiskunde


Finansiële Wiskunde is ʼn florerende afdeling van die moderne wetenskap. Die talle aanwendings daarvan het noodsaaklik geword vir die dag-tot-dag funksionering van finansiële instellings wêreldwyd. Gevolglik is dit uiters belangrik om ʼn goeie kennis te hê van die beginsels en tegnieke van die finansiële sektor en manipulasie daarvan ten einde  ʼn verantwoordelike benadering tot die handel, batebestuur en risikokontrole van ingewikkelde finansiële posisies. Finansiële Wiskunde aan die NWU dek ʼn volledige reeks onderwerpe in hoofstroom wiskundige finansies en die aanwending daarvan. Die kurrikulum sluit onder meer in die prysbepaling van afgeleides en verskansing, bateprysdinamika, risiko-analise en ekstreme gebeurtenisse, rentekoers en buitelandse ruilhandelsprosesse, krediet en inflasiegekoppelde produkte, ware opsies,stogastiese optimalisering en beheer en beleggingsbesluitneming, sowel as ander wiskundige onderwerpe relevant vir praktiese finansiële modellering.

Vir die akademiese jaarboek, kliek hier.

  Finansiële Wiskunde sluit die volgende vakke in:

  • Toegepaste Wiskunde
  • Wiskunde
  • Statistiek

Beurse beskikbaar, kliek hier. 

Hierdie program is biskibaar op die Potchefstroom- en Vaalkampuse.